SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

VERDWAALDE HARTE REEKS

Die reeks was getitel as “Ons Dominee”-reeks. Dit kom uit ’n era waar die kerk en predikant ’n groot rol in die samelewing gespeel het. Die leraar was iemand na wie jy kon opkyk vir hulp, ’n skouer om op te huil en sommer die man wat al jou familie se sielkundige en ander probleme ook kon oplos. Die verhale was sonder vuil taal en seks, en het by ’n groot getal lesers inslag gevind. Dit het inderwaarheid een die suksesvolste fotoverhale uit die stal van Republikeinse Pers geword. Natuurlik is vandag se predikante ook mense waar om hulp aangeklop kan word. Dit is egter ’n feit dat Afrikaners nie meer so kerkvas is as wat hulle in jare 60 of 70 was nie. Maar die eietydse verhale het waarskynlik op die regte tyd in Suid-Afrika verskyn. Mense kon hulle maklik vereenselwig met dominee Dawid Wiehahn en sy probleem gevalle. Hy moes mense help wat skielik blind geword het en andere wat in rolstoele beland het. Hy moes huweliksprobleme soos ontrouheid hanteer en raad gee met opstandige kinders. Klink dit bekend? Ja, vandag nog het ons steeds hierdie probleme. Maar hy was ook ’n man van aksie en kon homself ook verdedig as dit nodig was. (Sien: “Monster op haar spoor”, nr 197). Partymaal het hy met gewapende mans ook te doen gekry en moes hy hom ook self kon verdedig. (Sien: “My vriend, my vyand”, nr 188). Dit is jammer dat ons nie weet wie die skrywer was nie. Miskien kan ’n leser ook hier help en ons help om van die rolspelers te identifiseer. Dit is waarskynlik nou tyd dat die skrywers en akteurs erkenning kry, vir hulle deel aan hierdie stukke ryke geskiedenis van Suid-Afrika, (deur Koos Papenfus).

⭐ 20 Voorblaaie Gelys 📖 Fotoverhale
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

20 Items
#169 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Snippie se wraak
#174 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Tik jy my, dan pik ek jou
#175 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Ter wille van die liefde
#176 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Verstrik in die vreemde
#178 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Liewer laat as nooit
#179 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Kneg van sy geld
#180 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

'n Strik vir die liefde
#182 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Toe kom die inkeer
#183 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Glo my
#184 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Geveg agter die skerms
#187 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

'n Strik vir skoonpa
#188 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

My vriend, my vyand
#192 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Misbruikte liefde
#193 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Meisies langs die pad
#195 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Wie sal die moeder wees
#197 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Monster op haar spoor
#198 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Wees weer my man
#205 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Uur van versoening
#210 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

So naby geluk
#212 Verdwaalde Harte

Verdwaalde Harte

Die lamp van die liggaam